Hear Him

Tuesday, July 19, 2005

‘n BLADSY WYN VIR ROYALTY

‘n BLADSY WYN VIR ROYALTY
[Hierdie wyn is verniet,sonder kopiereg en jy kan hom oor en oor lees]

‘n Ding begin altyd iewers, gewoonlik in jou kop.
‘n Gedagte wat jy gereeld dink, is soos ‘n voetpad wat jy ooptrap in die veld van jou verbeelding. Volgende keer dink jy hom makliker.
‘n Bietjie biologie gaan help om jouself beter te leer ken: Almal ken tog die verskil tussen ‘n foefenjaras en ‘n kop.
Jou kop is die huis van jou gedagtes. Maar weet jy wat, jou gedagtes is die pad na jou gees. Moenie jou boeglam skrik nie, jou gees is nie ‘n spook nie!
Een van die grootste ontdekkings wat jy van jouself kan maak is om te besef dat jy eintlik baie meer is as net jou lyf. Hoe minder jy weet van jou gees, hoe meer control jou lyf jou lewe.
Net so belangrik om te weet, is dat alles wat jy is kan verander, behalwe jou gees. Almal se lyf verander, vanself. Baie mense is ontevrede met hulle lyf en hoe hulle lyk. Dik mense wil altyd dunner wees. Kort mense wil langer wees. Party mense wil groter tiete hê. Hulle reken die plastic surgeons maak baie geld. Bergies [en studente]wil gewoonlik net wyn hê. As dors net ‘n wyn-ding was, sou drink die dors kon les.
Die 2de ding wat kan verander is jou mind. Of jy change jou mind, of jou mind change jou!
Gewoonlik is dit anders om. Jy is wat jy dink, nie wat jy drink nie!
Dan kan ‘n mens se moods verander. Nes die weer. En laastens, kan jou omstandighede verander.
Dit moet jy weet. Jou omstandighede is nie hopeloos nie!
Hiers die groot les. Lig is sterker as die donker, selfs ‘n klein liggie.
As jy kan ontdek wie jy werklik is as gees-mens, kan die lig van daai ontdek jou mind vir jou change. As jou gedagtes oor jouself kan verander, dan kan jy jou buie beter beheer en verander. Selfs jou gesindheid kan verander. Hoe jy voel is nie iets wat jy doen nie, dit is iets wat jy dink. Ja jy’t reg gelees: iets wat jy DINK nie iets wat jy drink nie!
Die meeste mense skeep hulle gees af, nie omdat hulle rêrig wil nie, maar omdat hulle nie weet nie. Jou gees bewaar die beeld van jou oorsprong, nes jou lyf se DNA jou fisiese rekord dra.Sjoe, dis ‘n dik sluk op ‘n bottel! Volgende keer as jy so bietjie diep in die spiëel kyk, vra jouself: In wie se gedagte het ek begin? Wie het my uitgedink?
Het God my gewens? Nou praat jy!!

No comments: